renierdewinnaarStadig beweeg die twee perderuiters teen die berg uit. Ver bokant hulle draai aasvoëls in die helder blou lug. Dit is in die dae toe hierdie voëls nog volop was met hulle broeiplekker tussen die kranseonder hulle. Oor die voorste ruiter se skouers hang ‘n geweer en om sy nek ‘n verkyker. Troppe wildsbokke baljaar om hulle – kort kort flits ‘n bobbejaan by hulle verby..

Die voorste ruiter kom tot stilstand – kyk op na die hoë rots voor hom, na die gat in die rots wat soos ‘n oog oor die omgewing uitstaar. Hy weet natuurlik goed dat dit deur sy toedoen was dat hierdie gat in die berg ontstaan het. Was dit dan nie hy wat sy geweer vir die duiwel aangebied het om ‘n teurg daarvan te nem in die vaste geloof dat dit ‘n gewone pyp met tabak was nie? Terwyl die duiwel nog so lekker aan die loop gesuig het, het hy die skoot afgetrek en die duiwel se kop het soos ‘n koeël deur die kranse getrek en die gat veroorsaak.

Agter hom kom die tweede ruiter ook tot stilstand. Hier, feitlik op die kruin van die berg, saal hulle af. Terwyl die tweede ruiter ‘n vuurtjie aansteek, sit die eerste met ‘n verkyker die wêreld om hom en aanskou. Die dorpie waar hy woon lê onder hom uitgestrek, maar hy spits hom toe op die buurdorp sowat 35 km ver. Dit is Sondagoggend en hy kan mooi sien hoe die kerkgangers die kerk binnestap. Sy verkyker is egter so sterk da thy baie duidelik die orrelmusiek sowel as die gesan wat hulle aanhef hoor!

Terwyl die son se laaste strale deur die oog weerkaats keer die ruiters na hulle tuiste in die dorpie terug.

By hulle aankos word hulle deur ‘n klompie kinders omsingel wat om ‘n stories meek. Nie ongeneê vertel hy hulle wat die oggend gebeur het toe een outjie skepties vra of dit dan waar is, was die tweede ruiter gou om te antwoord: “nou dink jy nou die oubaas hy sal hom galieg?”

Die twee ruiters was natuurlik die legendariese Renier de Winnaar en sy agterryer ou Vosmerrie – die dorp – Zastron. Renier, die baas verteller van Zastron, was altyd goed bygestaan deur Vosmerrie wat al sy stories met geesdrif beaam het.

Renier de Winnaar was seer sekerlik nie ‘n leuenaar nie, maar iemand wat ‘n baie ryk verbeeldingskrag gehad het – kon letterlik ‘n storie uitenigiets opmaak.

Plaaslike mense wou sonder ophou na sy verbeeldingsvlugte luister en het selfs aalmoese aan hom gegee in ruil vir ‘n storie. Hy het ‘n spesiale kultuur in Zastron nagelaat – ‘n kultuur wat vir altyd behoue moet bly.

Op die Noord-oostelike deel van die ou vliegveld het ‘n paar klippe die laaste rusplek van ou Vosmerrie, sy vrou en drie kinders aangedui. Dit het egter onder ‘n plakkerskamp verdwyn – vir ewig verlore.

Om besoek aan Renier se graft e bring – luister na sy feeverhale – om te wandel op die spoor wat h yen sy agterryer geloop het – of dalk ‘n spooktoer an die stallee waar ou Vosmerrie altyd die perde versorg het? Maar dan moet dit volmaan wees – jy sal die geklop van perdepote hoor – jy sal hoor hoe hy hulle in ‘n fluisterstem paai…… dit is wat op teriste n zastron in die toekoms wag.

Teks : Alex van Rensburg