Contact Person : Andrew v d Merwe

Tel : 082 564 3405

Email Address : This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Contact Person : Christell Henning
Tel : 051 6732 789

Sport loop in Redge se Vrystaatse are

RedgeRDit is elke gholfspeler se droom om ’n kolhou te speel. Daardie gevoel wanneer jy op die bof staan en sien hoe die balletjie in die putjie wegsink, kan niemand beskryf nie.

Gary Player het dit as 80-jarige vermag. Sy vrou, Vivienne, het op dieselfde baan (die Wanderers in Johannesburg) in dieselfde groot toernooi op dieselfde putjie in agtereenvolgende rondes ’n kolhou gespeel.

Redge Henning, ’n boer van Zastron wat sê hy het nog ­altyd “vir die lekkerte” aan sport deelgeneem, het al drie keer op sy tuisbaan daardie groot hou gespeel.

’n Mens kan verstaan dat hy dit vermag het, want hy was van kleintyd af op die plaas ’n mededinger, al maak hy dit af as “aag wat, dis sommer geluk”.

Een van sy leermeesters op Zastron, oor wie ons al in dié rubriek geskryf het, was een van daardie mense wat alles ­bereik het en dit ook as “sommer maar net” afgemaak het.

Wanneer hy jou getêkkel het, het jy swaar opgestaan . . . — Redge Henning oor Danie Gerber

Wyle Gaaf Botha, een van die beste sportafrigters wat die Vrystaat nog opgelewer het, het Redge in atletiek afgerig. Dis duidelik dat Redge by hom geleer het.

Redge sê dit was Botha wat hom lief vir sport gemaak het.

Hy en sy vrou, Christel (Smit), wat mekaar reeds van gr. 1 af ken, het hul talente ook aan hul drie kinders oorgedra. Hulle presteer ook goed en Reon (27) was juis die naweek op Bloemfontein se tennisbane ­besig waar hy sy Vrystaatse ope-titel verdedig het. Hy het die eindstryd gehaal waar hy slae gekry het.

Redge is ook ’n begaafde tennisspeler en speel al etlike jare vir die Vrystaat se senior span.

Hy is op 2 Januarie 1959 op Zastron gebore en was glo een van die swaarste babas wat nog op die dorp die lewenslig aanskou het. Hy het 12 pond (5,44 kg) by geboorte geweeg.

Sy ouers het op die plaas Glenwater, vandag nog die familieplaas, gewoon.

Redge het sy skoolloopbaan op die dorp begin en voltooi.

Hy onthou dat hulle nogal ’n sterk rugbyspan gehad het wat sy man teen die beste kon staan. Hy het as heelagter en senter uitgedraf en was in die laerskool die kaptein van die span.

Hy het die Suid-Vrystaat se span gehaal. Die span is uit spelers van onder meer Dewetsdorp, Wepener en Rouxville ­gekies. Die span het nie eens vir die magtige Grey-kollege ­geskrik nie.

Christel is ook ’n knap sportvrou.

Sy het as skoolmeisie aan atletiek (langer afstande) en netbal deelgeneem. Sy het ook Suid-Vrystaatse kleure verwerf.

Sy was ná skool eers drie jaar by die Vroue-leërkollege in ­George voordat sy ’n Kovsie ­geword het.

Redge is ná skool na die weermag in Bloemfontein waar hy saam met en teen ’n paar van die grotes van Suid-Afrikaanse rugby kragte gemeet het.

Hy sê hulle het in sy eerste jaar op Tempe rugbyproewe gehad. Hy het senter gespeel en moes teen ’n “onbekende” outjie met die naam Danie Gerber speel.

Gerber het hulle deurmekaar gehardloop en “wanneer hy jou getêkkel het, het jy swaar opgestaan”.

Redge sê hy het daar en dan besluit rugby is nie sy sport nie. Vir ernstige rugby was daar nie plek in sy program nie.

Hy het saam met ’n paar skitterende spelers in sy weermagdae gespeel. Gerber is natuurlik eerste op die lys spelers wat hy uitsonder.

Tweede was ’n flank wat later vir Noord-Vrystaat gespeel het. Hy was ’n kleinerige speler, maar hy het ’n hart so groot soos die ganse Vrystaat gehad: Thys Badenhorst.

Ná sy weermagdae het Redge gaan boer.

Hy het egter nog rugby, tennis en gholf gespeel. Op die gholfbaan het hy net so goed gevaar soos sy kolhoue getuig.

Redge sê hy was 40 jaar oud toe hy ernstig begin tennis speel het.

Dit het vrugte afgewerp, want hy het sommer gou die Vrystaat se veterane-tennisspan gehaal en speel vandag nog vir die span.

Hy het ook gholf begin speel. Dit is waar ons berig vandag begin het. Hy het goed gevaar en het al van ’n voorgee van sewe gespeel.

Hy en Christel het drie kinders, Michelle van Niekerk (32), Rensia de Lange (29) en Reon (27). Almal is uitstekende sportmense. Reon boer saam met sy pa by Zastron.

Bron : Netwerk24

Information to follow

Contact Person : Louis Shaer

Tel : 083 227 7694

Email address : This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.


SAHGCA Lammergeier Zastron satelyte branch
jaglogo2

Contact Person : André Jordaan
Tel : 082 801 1323


Kathy Higgs
Tel : 082 565 3436

Wilma Pan
Tel : 082 920 6886